Copy
View this email in your browser
Meer inligting
Die opstanding van
Jesus Christus

 
geskryf deur André de Jager

Die maand is dit Paasnaweek en reg oor die wêreld is daar een fokus in elke Christen huis, die kruis van Jesus. Die absolute liefde wat God vir ons as mens het dat Hy Sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Die kruis van God staan sentraal in die skrif omdat Jesus met sonde aan die kruis gedeel het, omdat Jesus die sonde van die wêreld op Hom geneem het en ons vryheid gekoop het met Sy kosbare bloed. Elke druppel bloed wat Hy betaal het, het vir iemand vryheid gebied. 

Maar elke kruisiging was dieselfde, die mens was gespot, gegesel, weggevoer en dan gekruisig sodat almal kan sien en almal kon wraak neem. Na die persoon dood is was sommiges in ’n grot neergelê en so het die familie getreur. Die persoon is dood en almal moes nou aanpas met die nuwe normaal van ’n afwesige familie lid. So was dit ook presies met Jesus, tot op die derde dag. 

Ons Redder en Here het die hele lewens siklus kom verander deur op te staan uit die dood uit. Die opstanding het als verander. In die Romeinse regering moes dit sekerlik deurmekaar gewees het. Klomp het gesien hoe Hy gekruisig is, neergelê is in ’n graf en het self gesien hoe die graf met ʼn groot klip verseël was. Drie dae na dit hoor hulle dat dieselfde Jesus nie meer dood is nie maar LEWE en in die volgende 40 dae moes hoor dat Hy aan mense verskyn. Sy dissipels was sekerlik ook deurmekaar, “moet ons treur, vrees of juig? Is dit ʼn beeld, droom of is Hy werklik hier?” Maak nie saak hoe hulle of die romeinse regering dit gevat of verstaan het nie, HY LEWE en is terug om Sy Koninkryk te vestig. 

Ons Koning lewe en heers met mag, liefde en krag. Sy opstanding het Sy almag bevestig en a.g.v. dit kan elkeen van ons wat saam Hom gesterf het, nou saam Hom lewe. 

Ek wil elkeen met die skrif in Romeine 4:25 bemoedig die maand wat sê  “HY wat oorgelewer was ter wille van ons misdade, is opgewek ter wille van ons regverdigmaking.” Die Engelse vertalings sê dit so mooi, “He was raised from the dead, to put us right with God ” Ons kan na die troon van geregtigheid toe gaan met vrymoedigheid omdat Jesus opgestaan het, Hy het ons regverdig deur Sy bloed en nou kan ons self met God praat, self verander word deur in Sy teenwoordigheid te wees en self te proe wie Hy is. 

Mag die vers jou denke en hart sny die maand soos jy voorberei vir Paasnaweek die jaar. Mag jy jouself ondersoek en vra, is ek reg met God? HY LEWE en het vir jou die voorreg gegee om vry te kan kom, het ek dit aanvaar en my lewe onder Sy heerskappy geplaas?

Mag ons geken word as Sy kinders, uitverkoop en vol liefde, honger en dors na geregtigheid, regverdigheid deur Sy bloed en aktief besig om Sy lig te skyn en Sy sout te wees. 

Baie liefde Andre

Wonderwerk
van die maand
Hou aan bid en glo!
geskryf deur Len Dobie

Daar het ʼn wonderwerk met my gebeur. Ek het vir ongeveer 10 jaar en langer gely aan rustelose bene sindroom, RLS en slaapapnee. (Beide hou mens uit die slaap uit) As ek nie my pille om 20h00 saans gedrink het nie, het ek eenvoudig nie geslaap nie, so ek het reminders op my foon, horlosie en rekenaar gehad wat my daagliks herinner het. Daar was pille aan my sleutels in ʼn spesiale houertjie gehou. 
 
Ek het een Woensdag (in week van gebed en vas) op die kerkgronde tydens gebed vir genesing uitgegaan. Daar was hande op my gelê en daar was vir my gebid vir genesing van my RLS en slaapanee. Ek het Woensdagaand nie my pille gedrink nie en die effek daarvan was soos 3 keer erger as normaal. Ek het niks geslaap nie en in die huis rondgedwaal soos ʼn beer met ʼn seer voet. HET AANHOU BID! Donderdagaand dieselfde en Vrydagaand weer.

Die vyand wou hê ek moes moed opgee. Hy het vir my "gesê "...drink net jou pilletjies dan is jou marteling verby.” Ek het die vyand bestraf en die bloed van Jesus oor my liggaam verklaar! 
Vrydagaand en tot nou toe nog, het ek geslaap soos ʼn babatjie sonder RLS en slaapapnee. 
 
EK IS GENEES VAN DIE LAS VAN SIEKTE !

Groete 
Len Dobie

April update
" As die Here die huis nie bou nie, is die bouers se arbeid tevergeefs. "
- Psalm 127:1
Ons deel graag die April update met julle. Hier is waar ons tans is en wat in die volgende Maand met die bouprojek gaan gebeur.
  • Sinke is besig om opgerig te word oor die hele groot gebou.
  • Vloer van gebedskamer by groot gebou is besig om voltooi te word en die mure is opgerig.
  • Trappe na jeuglokaal is besig om gebou te word.
  • Kantoor by groot gebou is 70 % klaar gebou.
  • Die Jeug en moederskamer is klaar gebou.
  • Die gras om die Kinderkerk gebou groei mooi.
Wat volgende gebeur is:
  • Res van die groot kerkgebou se mure word opgerig. 
  • Kantoor word klaar gebou en vensters word ingesit.
  • Gebedskamer se vloer sal gelê word
  • Die badkamers se fondasie sal die maand gegooi word.

Ons sien uit om binnekort saam julle daar te kan tyd deurbring. Dankie vir almal wat inkoop in die bouprojek. Bly saam ons bid vir die projek.

Hier is 'n paar fotos van waar ons tans trek :
Belangrike datums vir April
Neem kennis van die volgende events vir April:

Ons Manne Maandag vind elke eerste Maandag van die maand by Larries se personeelkamer plaas om 18:00.
Ons Vroue Vreugde vind elke laaste Woensdag van die maand by Fietsloots plaas om 18:00.
Nuwe Huwelike
Baie geluk aan die volgende paartjies met hulle huweliksbevestiging. Ons sien uit om te sien hoe die Here julle kragtig in die Koninkryk gaan gebruik. 
Derrick & Lizette Markus getroud op die 7de Maart.
Janus & Kyla Olivier getroud op die 25ste Maart.

April

 1 

Yolanda Breedt 
Marilize Nortje
Dirk Botha 
Christiaan Wagner

 2 
Pieter Greyling

 3 
Mj Claase 
Mia-Louise Venter 
Jané Venter 
Gert Engelbrecht 
Charlene De Villiers 
Celesta Roberts

 4 

Reuben Reid
Lohan Steyn 
Johan van Aarde
Chane Hagen
Amieke Venter
Albertus Fourie

  5 
Sulette Naude

 6 
Sarina Haywood 
Rudie Potgieter 
Rasmus Erasmus 
Noah Zwart 
Kobus Collins 
Johan Pretorius 
Cecilia Strydom 

 
Yvonne Gerber 
Millie Smuts 
Joy Coetzee
Johan Bronkhorst 
Jessica Bothma


 8 
Ryno Viljoen 
Ewan Mollentze
Annalien Fourie

 9 
Pieter Nienaber 
Janetta Viljoen
Fourie Greyling 
Callie Nienaber

 10
Ryan Kleynhans
Mine van Denventer 
Mignon van der Merwe 
Megan Wehmeyer 
JC (Jesaja Christiaan) Bothma 
Janneka de Wet 
Denzelle Du Toit 
Christiaan Bothma

 11 
Johan Engelbrecht 
Charne Nienaber

 12 
Daniel Johannes Bresler

 13 

Vanessa Collet 
Mizelle Claase 
Debbie Harris
Daniell Coetzee 
Carla Geertsema

 14 
Evan van Heerden

 15 

Zuanda Lottering 
Simone Coetzee 
Mikayla Coetzee
Marjorie Potgieter 
Celeste Marks 
Calee Wehmeyer 
Aiden du Plessis


 16 
Tony Joubert
Janique Pretorius
Caroline Botha
Carla Vermaak

 17 
Shyla Naude
JP Pentz
Brent Venter

 18 
Sage Beyneveldt

 19 
Marizaan Thomas
Hesca De Villiers
Christa Engelbrecht
Andrea Botha

 20 
Tyler Schoombee 
Samanta Flemming 
Logan Adlam 
Chanique Herbst 
Ayden De Villiers

 21 
Natalie Venter
Maretha Scholtz
Jean-Mari Smit
Christine Moller

 22 
Tina Kotze 
Sherene Grobler 
Gideon Botha 
Andries Oosthuizen 
Amy van wyk

 23 
Reuben Nieuwenhuizen 
Martie Flemming 
Jean Van Zyl 
Jaco Keulder 
Danie Botes

 24 
Matthew van Rooyen

 25 
Natasha Van Stade
Monique Van den berg
Matthew Koegelenberg
Francois van Staden
Doreen Straarup
Cayla Pretorius
Amoré Engelbrecht

 26 
Junior Davis
Johnny van Wyk
Claudio Steyn
Ashley Botes
Andre Hayward

 27 
Leonie van Heerden

 28 
Joshua Cheek
Johan van Wyngaard

 29 
Michele van Rheede

 
Kontak ONS
Kantoornommer: 082 418 9349
Epos:
info@enrustenburg.co.za
App: Church Centre
     

                
 
Facebook
Website
YouTube
Instagram
Spotify
Copyright © 2024 Every Nation Rustenburg, All rights reserved.


Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.

Email Marketing Powered by Mailchimp